Geologiese provinsie

Geologiese provinsies van die wêreld (USGS)
     Skild
     Platform
     Orogeen
     Bekken
     Groot vulkaniese provinsie
     Uitgebreide kors
Oseaankors:
     0-20 m. jaar
     20-65 m. jaar
     >65 m. jaar

’n Geologiese provinsie is ’n ruimtelike eenheid met gemeenskaplike geologiese eienskappe.[1] ’n Provinsie kan ’n enkele dominante struktuurelement omvat, soos ’n bekken of plooigordel, of ’n paar aangrensende elemente. Aangrensende provinsies kan ’n soortgelyke struktuur hê, maar as aparte provinsies beskou word as gevolg van verskillende tydskale.

Sommige studies klassifiseer provinsies volgens minerale bronne, soos mineraalneerslae. Daar is veral ’n groot aantal provinsies wat wêreldwyd geïdentifiseer word vir petroleum en ander minerale brandstowwe, soos die Nigerdelta-petroleumprovinsie.

  1. "Geologic Province and Thermo-Tectonic Age Maps". Earthquake Hazards Program. United States Geological Survey. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2014. Besoek op 6 Junie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search